Week ertjies oornag in water, kook volgende dag tot sag. Kook sopvleis tot sag. Rasper groente of verpulp dit. Gooi alles in vleismengsel saam met genoeg water . Laat kook totdat die groente gaar is, en meng dan soppoeier en meel en sout saam en verdik die sop met die mengsel. Laat goed deurkook totdat dit verlangde dikte is. Om dit nog lekkerder te maak, gooi bietjie spaghetti ook by.