Kook die spaghetti tot sag en dreineer. Voorverhit die oond tot 180?C (350F). Smeer of bespuit ′n vlak, oondvaste bak met ′n volume van 1L. Meng die spaghetti liggies met die mieliepitte, soutbeesvleis, tamatie, ui, soetrissie, pietersielie, eiers en melk. Geur die mengsel na smaak met ′n bietjie sout en swartpeper, indien verkies. Skep die mengsel in die bak en strooi die kaas bo-oor. Bak 50 tot 60 minute op die middelste oondrak tot gaar. Sit warm voor. (Lewer 6 tot 8 porsies)