Skil en kap die ui fyn. Halveer, ontpit en snipper die soetrissie fyn. Dreineer die botterbone en gesnyde groenbone. Meng die ui, soetrissie, botterbone, gesnyde groenbone en boontjies in tamatiesous liggies. Meng die asyn, slaaiolie, witsuiker en basiliekruid. Voeg die boontjiemengsel by en meng. Skep in flesse en bewaar in die koelkas.