Haal die garnale se are uit. Spoel dit dan af en vryf droog met handdoekpapier. Smelt die botter saam met die olie in ′n pan en voeg dan die knoffel en peri-peri by. Meng goed. Braai die garnale eenkant vir 3 minute en plaas dit dan in die warmlaai. Voeg sout by die mengsel en gooi dit oor die garnale net voor bedienning.