Kreefstaart

0
0-10 min -
Hoofdgerecht
0 sterren op basis van 0 stem(men)

Ingrediënten

Bereiding

Neem die rou kreef en plaas dit op die rugkant neer, met die sagte binnedop van die stert na bo. Gebruik ′n skerp mes en sny die kreef of kreefstert in die middel oop, sonder om deur die harde dop aan die rugkant te sny. Buig die krewe oop en plaas hulle, nogsteeds met die rugkant na onder, langs mekaar op ′n rooster wat redelik hoog bo baie stadige kole geplaas is (om en by ′n halwe meter bo die kole). Wees maar baie versigtig hier want gebrande kreef gee ′n bitter smaak.
- Aanvanklik sal dit lyk of niks aangaan nie, maar binne die dop word die kole se hitte goed vasgehou en die kreef is gewoonlik binne 20 minute gaar.- Meng die botter met die fyngedrukte knoffel, gekapte pietersielie en sout. Wees maar suinig met die sout, want die kreef kom uit die sout seewater.- Smeer die botter mengsel aan die binnekant van die kreef, sodra lugblasies en borreltjies verskyn.
- MOENIE die kreef omdraai nie.

Kreefstaart is een recept van Smulweb.nl

Dit vind je misschien ook lekker