Kook die aartappels tot gaar (net nie oorgaar). Braai uie, sampioene en spek saam tot gaar. Sny aartappels (met skil) in skywe. Pak ′n laag skywe in ′n platboom oondbak; strooi ′n laag sampioenmengsel bo-oor die aartappels. Gooi speserye oor (vars swartpeper/aromat) en strooi gerasperde kaas bo-oor. Herhaal laag aartappels ens. totdat jy 3 lae het. Gooi die laaste laag sampioenmengsel oor en laaste laag gerasperde kaas (sommer baie). Meng die room, melk en wit uiesop saam en gooi bo-oor laag aartappels. Bak by 180? C vir ′n volle uur en bedien warm.