VERDER: 2 klein blikkies nartjies(manderijn) - 3 pakkies gelatien Skei die nartjies van die sap (hou die sap!) Maak die nartjies met die menger fyn. Kook die gelatien soos wat dit op die pakkie staan met altesame 500 ml sap van die nartjies en Fanta. As die gelatien nie meer so vreeslik warm is nie, voeg dan die nartjies by. As die gelatien dan begin stol, smeer dit oor die koek. Laat dan staan totdat die koek koud is. 500ml room - kaneelsuiker Klits die room styf. Smeer dit bo-oor die koek en sit dit in die yskas totdat die gaste kom. Strooi pypkaneel en suiker bo-oor net voordat jy die koek sny om vir jou gaste te gee.