Sny die varkvleis in blokkies so groot as wat jy graag op 'n sosatie wil sien. Druk die knoffel pap met die kant van 'n mes. Neem dan 'n lekker ruim houer en gooi die knoffel, paprika, lourierblare, olie, suurlemoensap en sout en peper daarin. Voeg die vleis daarby, maak die houer toe en laat dit in 'n koel plek of die yskas marineer vir ten minste 12 uur. As jy sosatiestokkies van hout gebruik, laat week dit 'n paar uur in water. Sny jou soetrissies in blokke en die chorizo in skywe. Nou ryg jy die vleis, soetrissie en chorizo om die beurt op jou sosatiestokkie. Gooi die pietersielie daaroor wanneer dit van die kole afkom.