Sny die boonste kors van die brood af vir ′n deksel. Hol brood versigtig uit tot 1cm van die onderste kors af. Krummel 200ml van die uitgehaalde binneste. Verf brood binne met die helfte van die margarien. Soteer uie in kookolie tot sag. Voeg maalvleis en paprika by en braai vir 5 minute. Voeg broodkrummels, tamatiepuree, worcestersous sout, suiker en peper by en meng goed. Skep in uitgeholde brood en sit brooddeksel op. Plaas brood op ′n groot stuk aluminiumfoelie en verf dit buite om met die res van die margarien. Draai brood in foelie toe en bak dit tot deur en deur warm by 200C. Bak die brood die laaste 15 minute met die aluminium oopgevou. Lewer 4-6 porsies.