Voorverhit die oond tot 180c. Smeer ′n broodpan van nagenoeg 20 * 14 * 7 cm. Meng die bruismeel, soppoeier en karringmelk goed saam. Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk. Strooi die kaas en rooipeper oor. Bak die broodjie ′n uur lank op die middelste oondrak. Keer dit op ′n draadrak uit en laat dit afkoel.