Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe. Laat staan tot die mengsel good skuim. Sif meel, sout saam in n groot mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water by en knie goed. Bedek met n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers (deken). Laat vir 1 uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af. Vorm n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan die deksel. Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond op 200*C. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in vooraf verhitte oond vir 1 uur. Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter. Maak die brood dan toe en laat vir n ruk toe staam. Wanneer koud sit in plastieksak. Of eet dit warm by die braaivleis met botter en appelkooskonfeit.