Braai ui in bietjie olie tot sag. Sny hoender in stukke en braai saam met uie. Voeg speserye , sout en peper by Kook hoender tot sag en verwyder al die bene en maak fyn. Kook rys solank eenkant tot gaar. Braai spek en sampione tot gaar . Druk ′chips′ fyn. Gooi nou alles by die hoender asook die ′chips′ en mayonnaise. Roer goed deur, gooi in gesmeerde bakskottel. Stel oond op 180 grade. Rasper genoeg kaas bo-oor pastei. Plaas in oond totdat die kaas gesmelt is.